Cinque Terre 5 Terre Cinqueterre

 CINQUE TERRE, ITALIE

Home
Vyf klein dorpies
Voetpaaie
Behaal
Hotel Clelia

 

 

Cinque Terre: Vyf weergalose, unieke klein dorpies wat teen die rotste nestel, waar die trotse
inwoners die dorre grond na eeue se harde werk kon baasraak en die steil hange in vrugbare
lande vir olyfbome en wingerde omskep het

Cinque Terre is 'n aaneenlopende kus met inhamme, klein strande, grotte, steil rotswande, terrasgewyse riwwe, korale, ansjovis en selfs walvisse in die Whale’s Sanctuary: dit is 'n paar van die vele redes wat die Cinque Terre 5 Terre, Unesco, 'n gebied maak om te bewaar.

 

Hierdie unieke omgewing, wat bestaan uit 'n kuslyn met inhamme en klein strandjies; muurtjies wat oor duisende kilometers ver gebou is om terrasse te vorm vir die aanbou van wingerde; tipiese geboue; Middeleeuse dorpies; toevlugsoorde; en panoramiese voetpaaie teen 'n opdraande uit, is sedert 1997 aangewys as Unesco Wêrelderfenis, Italiaanse Nasionale Park en Beskermde Seegebied.

 

 

 

 

Cinque Terre sluit 'n kusgebied in wat strek van Punta Mesco naby Levanto tot by Punta Montenero naby Portovenere, ongeveer tien kilometer oos van La Spezia. 'n Strook aarde en rotse van 15 kilometer lank en 3 kilometer breed strek deur see en heuwels.

 
 

Cinque Terre lê tussen Levanto en die Tigullio Golf wat die Riviera aan die weste insluit, met die Vara Vallei aan die noorde en die Poets Golf aan die ooste.

 

Vasgeklem tussen rotse, geleun teen rotshange, bo seespieël, vind ons die klein dorpies van Cinque Terre: Monterosso, Vernazza, Corniglia, Manarola en Riomaggiore. Eeue-oue afsondering weens aansluitingsprobleme (die werk aan die spoorlyn Genoa-La Spezia is in 1874 voltooi) het daartoe bygedra dat die skoonheid en bekoring van die ongerepte landskap behoue gebly het.

Woonstel Riomaggiore, Cinque Terre
www.cinqueterreriomaggiore.com

Woonstel Corniglia, Cinque Terre
www.cinqueterrecorniglia.com

Hotel Deiva Marina, tussen Portofino en Cinqueterre

www.clelia.it

Hotel Clelia - Deiva Marina
tussen Portofino en Cinque Terre
 www.clelia.it
Tel. +39 0187 82626
Fax. +39 0187 816234
info@cinqueterre.co.za


Skype Me™!  

Home | Vyf klein dorpies | Voetpaaie | Behaal | Hotel Clelia

Propriety of Hotel Clelia Logis International, Italy 00289150112
Ultimo aggiornamento: 30-10-08