Home
Vyf klein dorpies
Voetpaaie
Behaal
Hotel Clelia

 

Hoe om Cinque Terre te bereik

  Bereik die Cinque Terre per kar, motorweg, per trein en die naaste lughawens.
Die Cinque Terre kan bereik word deur die A12 motorweg: tolhek by Deiva Marina, Carrodano, Brugnato en La Spezia. Per trein op die Genoa – La Spezia lyn. The 5 Terre kan ook bereik word vanaf die lughawens op Pisa, Genoa, Nice en Milan.

Per kar

 

Vanaf MILAN (via Genoa)
Motorweg A7 Milan - Genoa
Motorweg A12 Genoa - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra

Vanaf MILAN (via Parma)
Motorweg A1 Milan - Parma
Motorweg A15 Parma - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra

 

 

Vanaf TURIN
Motorweg A21 Turin - Alessandria
Motorweg A26 Alessandria - Genoa
Motorweg A12 Genoa - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra

Vanaf VENTIMIGLIA
Motorweg A10 Ventimiglia - Genoa
Motorweg A12 Genoa - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra

 

 

Vanaf ROME (via Florence)
Motorweg A1 Roma - Florence
Motorweg A11 Florence - Pisa
Motorweg A12 Pisa - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra  

Vanaf ROME (via Grosseto)
Main Road Roma - Livorno
Motorweg A12 Livorno - La Spezia
Uitgang La Spezia S. Stefano Magra

 

By die "La Spezia - S. Stefano Magra" tolhuis, vat hoofweg nommer 370 “Litoranea delle Cinque Terre” en sodra jy in die dorp is, beweeg voort na die seefront in die rigting van Cinque Terre-Portovenere.
Na die La Spezia Arsenal, vurk die pad. Gaan reguit aan teen die bult op na Manarola en Riomaggiore, in die rigting van Cinque Terre. Daarna volg Riomaggiore, Manarola, Corniglia, Vernazza en Monterosso die een na die ander.

 

Per trein
Die Cinque Terre landstreek word gekenmerk deur hoë heuwels wat oor die see uikyk. Daarom is die straatjies nou en steil met baie kinkels en draaie. Daar is baie min parkeerplek, en die middestad is gesluit vir verkeer.

Weens al hierdie redes is die trein die mees ideale manier van vervoer om die Cinque Terre te besoek.

 

Spoorweg lyne na the Cinque Terre
Die trein loop: Rome – Genoa – Turin.
Sowel as: Bologna – Parma – Genoa.
Die streekstrein vertrek elke 40 minute vanaf La Spezia en stop by al die klein dorpies in Cinque Terre.
As jy vanaf la Spezia vertrek, is Riomaggiore die eerste dorp wat jy sal teekom.


Kyk gerus na die skedule by:
www.trenitalia.com

 

Die naaste lughawens
Pisa Lughawe
(afstand 85 km)
Vanaf die Pisa lughawe kan jy maklik die Cinque Terre (5 Terre) bereik per trein. Daar is ook ‘n bussie wat vanaf die lughawe na die Pisa Spoorweg Stasie loop.
Vir die wat verkies om ‘n motor te huur, die naaste tolhuis vanaf die lughawe is die Pisa Centro,  op die motorweg Livorno-Sestri Levante-Genoa, wat maklik bereik kan word deur die groen bordjies langs die pad te volg.

 

Genoa Lughawe (afstand 110 km)
Vanaf Genoa lughawe can jy by Cinque Terre (5 Terre) kom per train, op die Genoa-La Spezia lyn.
Die lughawe word gekoppel met die spoorweg stasie deur ‘n bus diens. (wat nie so gereeld loop nie). Die taxi diens is gelukkig meer betroubaar.

 

Indien jy ‘n kar huur kan jy maklik die ingang tot die motorweg bereik in slegs twee minute. Van daar af vat Motorweg A10 en A12 jou na Cinque Terre (die rit vat 1 uur en 30 minute).

Die toeriste wat ons wil ontmoet by Hotel Clelia Logis International in Deiva Marina, tussen Portofino en Cinque Terre, kan dit maklik bereik per trein of kar. Deiva Marina het ‘n tolhuis en ‘n spoorweg stasie, en ons Hotel het gratis parkering. Hotel Clelia kan jou ook kom oplaai by die lughawe.

 

Hotel Clelia - Deiva Marina
tussen Portofino en Cinque Terre
 www.clelia.it
Tel. +39 0187 82626
Fax. +39 0187 816234
info@cinqueterre.co.za

Skype Me™!

 

Home | Vyf klein dorpies | Voetpaaie | Behaal | Hotel Clelia

Ultimo aggiornamento: 30-10-08