Cinque Terre - Vyf klein dorpies: Monterosso, Vernazza, Corniglia, Manarola, Riomaggiore
 
Skype Me™!
Home
Vyf klein dorpies
Voetpaaie
Behaal
Hotel Clelia

 

Cinque Terre – Vyf klein dorpies

Cinque Terre: Monterosso, Vernazza, Corniglia, Manarola en Riomaggiore.
Hierdie vyf antieke klein dorpies word gekenmerk deur klein straatjies ("caruggi"),
Middeleeuse mure, trappe, torings en kloktorings.

Riomaggiore

Vanaf La Spezia is Riomaggiore die eerste klein dorpie wat jy aantref. Met sy vertikale ontwikkeling, is Riomaggiore met trappe deurkruis tussen saamgedronge
huisies met leidakke en eiesoortige kleure.

Onder die hoofweg vloei die Rivus Maior-rivier waarna die dorp heet. In Riomaggiore kom jy af op die bekende Via dell’Amore ("Lovers’ path"); dié bekende voetpad kronkel tussen die rotse deur wat op die see uitkyk.

Die romantiese straat wat na die Manarola lei is 'n wonderlike ondervinding: jy kan asemrowende uitsigte waardeer, na die branders luister wat aan die kus breek en die onmiskenmare soutigheid inasem.

Manarola

Manarola lê teen 'n steil hang van donker rots. Met sy klein hawe, beskerm deur twee kranse, vind ons die klein dorpie Manarola. Agter die klein dorpie kan jy die tipiese terrasse met wingerde waardeer. Oppad na die see toe tref jy suggestiewe voetpaaie en onvergeetlike panoramiese uitsigte aan.

Die bekendste voetpad is die Via dell’Amore ("Lovers’ path"), wat Manarola met Riomaggiore verbind. Langs hierdie paadjie, wat tussen die rotse uitgekap is, beteken "om oor die see uit te kyk" dat jy oor die groen van die heuwels en die blou van die see uitkyk.

Dis ook die moeite werd om die groot glinsterende krip (van 8 Desember tot 20 January elke jaar) te besoek wat op die Collora-heuwel voor die dorp gebou is en wat van ver af gesien kan word.

Corniglia

Corniglia is heeltemal verskillend van die ander klein dorpies van Cinque Terre, want dit lê op die bopunt van 'n 100 meter hoë area wat nie van die see af bereik kan word nie.

Om by die dorp uit te kom moet jy die Lardarina-trappe uitklim – 'n lang stel trappe van stene wat deur 33 meerarmtrappe gemaak is met meer as 380 trappies; of jy kan 'n pad (wat geskik is vir koetse) en wat die spoorwegstasie (gelyk aan seespieël) met die stad verbind, gebruik. Dié klein dorpie het al langs die hoofpad ontwikkel, via Fieschi; die huise het aan die een kant 'n see-uitsig met die pad aan die ander kant.

 

 

 Vernazza

Gestig in die jaar 1000 is Vernazza die dorp wat meer as die ander dorpe in Cinque Terre steeds die aspek van 'n tipiese klein vissersdorpie behou het, danksy sy veilige en gerieflike natuurlike hawe en 'n seetradisie wat vir oudheid bekend is.

Vernazza is die enigste natuurlike hawe in Cinque Terre en die dorp het al langs die Vernazzola-strome (nou bedek) en heuwels ontwikkel waaragter Vernazza van die see skuil. Steil, smal paadjies lei na die hoofpad tot by 'n klein vierkant wat naby die hawe geleë is.

Die teenwoordigheid van belangrike argitektoriese elemente soos loggias, arkades en portale wys dat die lewensgehalte van die vroeëre inwoners van Vernazza ekonomies en sosiaal hoër was as dié van ander vername dele. Vernazza lyk vandag nog soos 'n edel en elegante dorp wat teen 'n hang lê.

 

Monterosso

Dié westelike klein dorpie word deur San Cristoforo-heuwel in twee dele verdeel. Dit skei die oudste deel van die dorp, met sy Middeleeuse historiese middelpunt, van die moderne woonbuurt wat langs die lang strand lê.

Die oudste deel van Monterosso met sy huistorings en smal straatjies (“carruggi”) is so te sê ongerep.

Die ontstaan van Monterosso dateer terug uit 643 toe die mense wat op die heuwels geleef het hulle naby die see kom vestig het ten einde te ontsnap van die barbaarse invalle uit die Noorde.

Ten einde die invalle van die see se kant af te keer is verskeie verdedigingstelsels gebou. 'n Deel van hierdie stelsel is die kasteel met sy drie ronde torings, wat oor die see uitkyk, asook sommige dele van die stadsmure, Middeleeuse toring (nou die kloktoring van die Kerk van San Giovanni) en die Aurora-toring (een van die dertien torings wat in die 16de eeu die dorp omring het).

Die moderne woonbuurt het al langs die seekant in die inham van Fegina ontwikkel.

Die plantegroei omring die dorp soos 'n omhelsing.

Die strand (die grootse aan die kus van Cinque Terre), rotse en kristalhelder seewater maak hierdie een van die aangenaamste klein dorpies in die Oostelike Ligurian Riviera.

Vroeër het Monterosso 'n belangrike stroompie vir visvang gehad wat die dorp bekend gemaak het vir sy vis – veral die gesoute ansjovis en die gebraaide vis wat met asyn in houtvaatjies gepreserfeer is (“scabeccio”).

Hotel Clelia - Deiva Marina
tussen Portofino en Cinque Terre
www.clelia.it
Tel. +39 0187 82626
Fax. +39 0187 816234
info@cinqueterre.co.za

Skype Me™!

Home | Vyf klein dorpies | Voetpaaie | Behaal | Hotel Clelia

Ultimo aggiornamento: 30-10-08