Voetpaaie Cinque Terre:Portovenere, Campiglia, Riomaggiore, Manarola, Corniglia, Vernazza,Monterosso
Sentiero Azzurro van Cinque Terre
 

Home
Vyf klein dorpies
Voetpaaie
Behaal
Hotel Clelia

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

Cinque Terre – Voetpaaie:
van Portovenere tot Monterosso

 

VOETPAD 1/1 – PORTOVENERE – CAMPIGLIA

Moeilikheidsgraad: redelik
4,8 km – 2 ure en 15 minute

Die pad verbind Portovenere met die klein dorpie Campiglia (400 meter bo seespieël) en begin by die bekende plein, Bastreri, in Portovenere. Die eerste deel is 'n steil stel trappe wat gedurende die klim makliker word. Die staproete van Portovenere tot by Campiglia bied asemrowende panoramas oor die eilande van Palmaria en Tinoeilande en die kus. Die pad lei na 'n dik maquis wat die klein dorpie Campiglia voorstel. Die ingang word deur die toring van 'n windmeul gekenmerk. Van 'n panoramiese punt in Campiglia sal jy 'n wonderlike uitsig op die kus geniet.

 

VOETPAD 1/2 – CAMPIGLIA - TELEGRAFO

Moeilikheidsgraad: laag – 3,2 km – 1 uur

Hierdie pad begin by Campiglia en strek al langs 'n relatiewe plat land tussen wonderlike kurkeikbome. Die res van die roete is gekenmerk deur maklike op- en afdraandes tot by die Telegrafo-halte (513 meter bo seespieël).

 

VOETPAD 1/3 – TELEGRAFO – LA CROCE

 

Moeilikheidsgraad: laag – 3 km – 1 uur

Vanaf die Telegrafo-halte, 'n mooi plekkie oor die Golf van La Spezia, bereik jy 'n plat pad, Bramapane-bult, waar jy die interessante ruďnes van 'n militęre fort vind. Die volgende stop op hierdie pad is die La Croce-pas (637 meter bo seespieël), waar jy kan besluit om weswaarts voort te gaan om Riomaggiore met die voetpad 01 te bereik.

 

VOETPAD 1/4 – LA CROCE – RIOMAGGIORE

Moeilikheidsgraad: laag – 2,5 km – ongeveer 2 ure

Die voetpad begin by 'n ongelyke stuk pad met 'n steil helling, die sogenaamde “Sanctuaries path”, wat 'n breë gebaande pad word. Die voetpad strek langs woude en wingerde en tot by Riomaggiore. Volg in die rigting van die klein dorpie op 'n stel steentrappe en 'n uitsig op die dorp, die see en die heuwel wat met sy bekende kasteel die

gaste verwelkom.

Die bekendste voetpad in Cinque Terre begin by Riomaggiore

VOETPAD 2/1 RIOMAGGIORE – MANAROLA (LA VIA DELL’AMORE)
KM 1 - 20 Min
Die voetpad Riomaggiore – Manarola is moontlik die bekendste in die węreld weens sy natuurskoon en toeganklikheid. Hierdie voetpad is die beroemde “Via dell’Amore” ("Lovers’ path") wat die eerste deel van die bekende Sentiero Azzurro (Blue path) vorm wat Riomaggiore aan Monterosso bind.

 

Die “Via dell’Amore” is uiters gewild aangesien dit nie ‘n uitermate moeilike paadjie is nie, en weens sy onvergeetlike prag, veral tydens sonsondergang.

 

Die “Via dell’Amore” begin op die trappe van die Riomaggiore trein stasie en kronkel tot by die plat kus oppervlakte langs Manarola tot diep in wonderlike panoramas wat deur Mediteriaanse plantegroei geskep is.

 

Soos reeds gesę, die “Via dell’Amore” vorm die eerste deel van die Blue Path (Sentiero Azzurro), wat in die verlede toegang verleen het tot die toerusting wat vir die konstruksie van die treinspoor Genoa-La Spezia gebruik is. Die “Via dell’Amore” kan ook direk met ‘n voetpad vanaf die dorpie Vernazza bereik word.

 

 

VOETPAD 06 - MANAROLA – SELLA DI MONTE MARVEDE

Moeilikheidsgraad: redelik – 3.7 km – 2 uur en 15 minute

 Voetpad 6 skop af by Manarola en loop op tot by die vurk Pě de Fesse. Van hier af is die beginpunt van twee verskillende voetpaaie wat weer saamloop by die oorbrugging van die “Sanctuary Path”, Volastra-Telegrafo.

 

Op daardie punt beweeg voetpad 6 op na die klein verlate dorpie Bovera, en bereik die Suid-Oostelike deel van Monte Marvede (666 meter bo seespieël.)

 

VOETPAD 02 - MANAROLA – SELLA DI MONTE GALERA

 

Moeilikheidsgraad: medium – 3,8 KM – 2 uur en 30 minute

Die eerste deel van hierdie voetpad is dieselfde as voetpad 6 tot by die vurk van Pě de Fesse. Daarna verander dit in ‘n steil stel trappe wat deur die wynlande loop. Die trappe eindig in die “Sanctuary Path”.  Op hierdie punt raak die voetpad nog meer opdraand om uiteindelik die Costa Galera te bereik (729 meter bo seespieël) waar dit weer deel word van voetpad 1.     

 

VOETPAD 2/2 - MANAROLA – CORNIGLIA

 

Moeilikheidsgraad: laag – 1 KM – een uur

 Begin vanaf die Manarola trein stasie verby die tonnel tot by die Marina, vanwaar jy kan kies of jy langs die ou spoor wil klim, or langs die see wil stap tot by die Palando afdraai.  Van hier af klim jy tot by voetpad 2, waar die spoor gelyk loop met die onderste strand, Corniglia. In die middel van die spoor is daar ‘n yster brug wat die twee helfdes van ‘n grondstuk heg. Die paadjie gaan voort tot by die “lardarina” trappe wat na Corniglia lei.

 

VOETPAD 2/3 - CORNIGLIA – VERNAZZA

 

Moeilikheidsgraad: laag – 4 KM – een uur en 30 minute

Die voetpad begin by Corniglia and loop deur ‘n groot olyfboord tot dit ‘n asemrowende uitkykpunt bereik. Die pad kruis oor die Guvano-kom en gaan op na die klein dorpie van Prevo (208 meter bo seespieël), waar jy ‘n ruskansie kan vat. Hier begin die afdraand na Vernazza. Die eerste deel bestaan uit trappe omring deur Indiese vye, wat na die dorp loop. Die laaste deel vat jou verby ‘n Middeleeuse toring.

 

VOETPAD 2/4 - VERNAZZA – MONTEROSSO

 

Moeilikheidsgraad: medium – 3 KM – 2 ure

Die voetpad begin by Vernazza and beweeg op tussen druiwe- en olyf wingerde na die Cravarla vallei (tussen 150 and 200 meter bo seespieël). Die voetpad loop tot by Costa Linaro en die klein Fosso Mulinaro valley, waar bosbrande gereeld die lande verwoes.

 

Die volgende vallei, bekend as die “Acquapendente”, is ‘n oase gevul met groente, suurlemoen bome en wingerde met ‘n wonderlike uitsig van Monterosso and Punta Mesco. Hiervandaan begin ‘n steil stel trappe na die dorpie Monterosso. Die voetpad word dan in twee verdeel: as jy regs gaan bereik jy die Piazza Garibaldi in die middel van die dorp, en as jy links gaan bereik jy die rotse en die klein strand.

 

Hotel Clelia - Deiva Marina
tussen Portofino en Cinque Terre
 www.clelia.it
Tel. +39 0187 82626
Fax. +39 0187 816234
info@cinqueterre.co.za

 

Skype Me™!

 

Home | Vyf klein dorpies | Voetpaaie | Behaal | Hotel Clelia

Ultimo aggiornamento: 30-10-08